Gaza: Arabiese leiers vergader in Jeddah vandag

Arabiese leiers en Iran se president is vandag in die Saoedi-hoofstad Jeddah vir ‘n beraad wat na verwagting eise sal beklemtoon dat Israel se oorlog in Gaza moet eindig voordat die geweld versprei. Meer as 11 000 mense is in Gaza dood, meestal burgerlikes en baie van hulle kinders. Hulpgroepe het aangesluit by pleidooie vir ‘n wapenstilstand en waarsku teen ‘n humanitêre “katastrofe” in Gaza, waar voedsel, water en medisyne in tekort is. Die Arabiese Liga het ten doel om te demonstreer hoe Arabierse lande hulle sal beywer om die aggressie te stop, Palestina en sy mense te ondersteun, die Israeliese besetting te veroordeel en dit aanspreeklik te hou vir sy misdade.