Gay-huwelike: Ombud sê hy beskerm regte, maar bepaal nie watter regte dit is nie

Die wysigingswetsontwerp op huwelike, wat ‘n “eggenoot” definieer om die erkenning van selfdegeslaghuwelike te omseil, maak nog steeds opslae onder aktiviste omdat dit volgens hulle sommige mense se regte sal skaad. Die wetsontwerp is aan president Hage Geingob gestuur maar dis onbekend of hy dit gaan finaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, gepraat wat sê dat sy kantoor die regte van almal in die land beskerm, maar hulle is nie by magte om daardie regte te bepaal nie.