Gay-huwelik-permitte: Kawana wag vir Mbandeka

Plaaslike media berig dat die minister van binnelandse sake, Albert Kawana, sê hy sal geen permitte vir buitelandse burgers wat in gay-huwelike met Namibiese burgers is, uitreik nie. Hy sê hy wag vir opdrag van die prokureur-generaal in die verband. Die prokureur-generaal se kantoor het op 26 Mei bekend gemaak dat terwyl hy die onafhanklikheid van die regbank aanvaar en erken, sal die regering die hooggeregshof se beslissing assesseer voor hy die pad vorentoe bepaal. Die publiek sal volgens die prokureur-generaal binnekort van die besluit ingelig word.