Ramaphosa betreur Joemat-Pettersson se dood

President Cyril Ramaphosa sê voormalige minister Tina Joemat-Pettersson sal gemis word vir haar passie en energie waarmee sy vir ‘n beter Suid-Afrika geveg het. Sy is op die ouderdom van 59 jaar in haar huis in Kaapstad dood. Joemat-Pettersson was met haar dood voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa sê die land het ‘n merkwaardige leier verloor: