!Gawaxab sê Woensdag oor repokoers

Die repokoers sal Woensdag deur die Goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab aangekondig word. Op die oomblik is die koers op 3,75 persent. Salomo Hei, die hoof navorser by High Economic Intelligence Investment meen die koers sal onveranderd gelaat word. Hy het sy redes so verwoord.