Gawanas sê sy sal nie mosie van wantroue vandag hou nie

Die Windhoek burgemeester sal nie vandag ‘n spesiale vergadering hou om ‘n mosie van wantroue teen die stad se bestuurskomitee deur te voer nie. Sy sou as voorsitter gedien het na ‘n mosie deur Ilse Keister van die Affirmative Repositioning-beweging ter tafel gelê is. Gawanas sê sy weet nie hoekom die lede van die IPC-party wat op die bestuurskomitee dien die saak vooruitgeloop het nie. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.