Gautengse premier hou toesig oor inname van dwelmgebruikers

Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, sal vandag toesig hou by die eerste inname van dwelmgebruikers in Cullinan en Soshanguve in Tshwane. Hy word vergesel van die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Landbou en Landelike Ontwikkeling, Mbali Hlophe. Die premier se woordvoerder, Vuyo Mhaga, sê Lesufi het hom daartoe verbind dat die provinsiale regering ouers en versorgers van kinders wat aan dwelms verslaaf is, in staat sal stel om aansoek te doen dat hulle by ‘n staatsinstelling behandeling kry: