Gautengse premier beloof deeglike ondersoek na gas-tragedie

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, glo polisie-ondersoeke sal die waarheid rondom die tragiese gaslek by die Angelo informele nedersetting in Boksburg ontbloot, wat tot die verlies van 17 lewens gelei het. Voorlopige ondersoeke dui aan nitraatoksied het uit ‘n gassilinder gelek en die gemeenskap vergiftig. Daar word beweer onwettige mynwerkers in die gebied het die gas gebruik om vermoedelik goud te ontgin. Die premier se woordvoerder, Sizwe Pamla, sê Lesufi beloof sy ondersteuning aan die gesinne wat geraak is.