Gautengse gesondheidsdepartment begin met MPV-inentings vir meisies

Die gesondheidsdepartement van Gauteng het vandag by alle openbare skole begin met sy jaarlikse inentingsprogram teen die menslike papilloom-virus vir meisies in Graad vyf of ouer as nege jaar. Die woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, Motalatale Modiba, sê die veldtog duur tot 31 Maart.