Gauteng se water is alles van Lesotho af

Die uitvoerende hoof van Rand Water, Sipho Mosai, sê al die water wat Gauteng se inwoners verbruik kom van Lesotho af, omdat Suid-Afrika nie genoeg varswaterbronne het om in die land se behoeftes te voorsien nie. Die gemiddelde waterverbruik in Suid-Afrika is 233-liters per persoon per dag, vergeleke met ‘n wêreld-gemiddeld van 173. Dit is omdat drinkwater gebruik word vir nie-drinkwater-doeleindes.