Gauteng se vleilande is vrot van die rou riool
Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling faal voortdurend om die vleilande teen besoedeling te beskerm. Vleilande in Kemptonpark, Ekurhuleni is van vele vleilande in die provinsie wat weens ‘n ou rioollyn deur rou riool besoedel is. Die DA-lid, Jade Miller, sê die situasie het vererger, en 90 persent van die vleilande word bedreig weens rioolstortings: