Gauteng se dienslewering kwyn in plaaslike owerhede

Die DA in Gauteng sê onbefondsde mandate begin baie druk plaas op plaaslike en distriksmunisipaliteite teen ‘n groot koste vir basiese dienslewering aan die inwoners. Dorianne Arendse van die DA sê dit veroorsaak diep kommer omdat inwoners hulle heffings en belasting betaal en in ruil daarvoor behoorlike dienslewering verwag. Plaaslike en distriksmunisipaliteite is weens die onbefondsde mandate nie in staat om die dienste te lewer nie: