Gauteng se boeke is haglik – GOOD Party

Die GOOD Party in Johannesburg sê hy bly bekommerd oor die stad se haglike finansiële toestand wat dienslewering tot op die rand van ineenstorting gedryf het. Burgemeester Kabelo Gwamanda het Dinsdag in sy stadsrede gesê toe die koalisie vanjaar by die DA-geleide koalisieregering oorneem, was die munisipaliteit byna bankrot met onbetaalde fakture van verskaffers wat meer as 6.6-miljard-rand beloop. Lloyd Phillips van die GOOD Party sê hulle verwelkom sommige van die maatreëls wat tot dusver ingestel is: