Gauteng sal eers in 2027 water vanaf Lesotho ontvang, weens vertragings

ActionSA sê hy is bekommerd dat voortslepende vertragings in die implementering van die Lesotho Hoogland-waterprojek watersekerheid vir die inwoners van Gauteng bedreig. Die projek wat in 2020 voltooi sou wees, het jare lange vertragings ondervind, ná bewerings van korrupsie deur die voormalige minister van Waterwese, Nomvula Mokonyane. Fase twee van die projek sal na verwagting binnekort begin. ActionSA se Gautengse voorsitter, Bongani Baloyi, sê die projek sal nou eers teen 2027 water aan Gauteng begin verskaf: