Gauteng premier maak vals bewerings: EFF

Die EFF in Gauteng sê hy veroordeel premier Panyaza Lesufi se vals bewerings dat hy uitgebrande en foutiewe elektriese transformators in die provinsie laat vervang het. Die party sê deur die misleidende Switch-On-program het Lesufi op oneerlike wyse voorgegee hy het transformators in gemeenskappe laat vervang. Die EFF se woordvoerder, Dumisani Baleni, sê in werklikheid moes gemeenskapslede finansiële bydraes maak sodat Eskom dit kon vervang. Hy sê net in Gauteng sukkel 500 gemeenskappe met elektriese transformators wat gebreek is of nie reg werk nie. Hy sê dit beklemtoon die behoefte aan ware oplossings eerder as politieke dramas.