AU-mannekonferensie skop af

Die Derde Afrika Unie-mannekonferensie oor Positiewe Manlikheid begin vandag in Pretoria. Die tema van die konferensie is, die konsolidering van verbintenisse ten opsigte van die AU-konvensie oor die beëindiging van geweld teen vroue en meisies. Die byeenkoms sal die geleentheid bied vir die konsolidering van pogings deur Afrika-staatshoofde en ander sektore, om geweld teen vroue en meisies in Afrika te beëindig. Die konferensie word gesamentlik aangebied deur die AU-voorsitter, president Azali Assoumani van die Comore-eilande, en president Cyril Ramaphosa.