Gauteng oorhandig 500 huise in Maart

Die LUR vir menslike nedersettings, stedelike beplanning en samewerkende regering en tradisionele sake in Gauteng, Lebogang Maile, oorhandig vandag huise aan kwalifiserende en verdienstelike begunstigdes by die Affri Village Mega Project in die weste van Johannesburg. Die departement se woordvoerder, Lupi Ngcayisa, sê slegs in Maart het die departement byna 500 huise as deel van die projek oorhandig.