DA: Meer as 60 000 Vroeëkinderjare-ontwikkelings-werknemers is nog nie betaal

‘n DA-lid, Alexandra Abrahams, sê meer as 60 000 Vroeëkinderjare-ontwikkelings-werknemers is steeds nie deur die Presidensiële Indiensnemingstimulus-verligtingsfonds betaal nie. Die Vroeëkinderjare-ontwikkelings-funksie skuif môre oor vanaf die departement van maatskaplike ontwikkeling na die departement van basiese onderwys. Abrahams sê die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, moet ophou om die blaam te verskuif.