Gauteng lei bewusmakingsveldtog oor masels

Die Gautengse departement van gesondheid en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes onderneem ‘n veldtog om bewusmaking oor masels te kweek. Daar was verlede maand ‘n uitbreking by ‘n tuisskool in Tshwane. Die simptome sluit in koors, uitslag, hoes en ‘n loopneus. Die woordvoerder van die Stad Tshwane, Sipho Stuurman, sê hulle het met ‘n inentingsveldtog begin en gesondheidsinstellings is bedag op gevalle van masels.