Gauteng-kabinetslede moet leefstyloudits doen – DA

Die DA in Gauteng het gesê hy gaan druk plaas op premier Panyaza Lesufi om die leefstyloudits van sy provinsiale kabinetslede bekend te maak. Dit volg ná die premier se geskrewe antwoord in die provinsie se wetgewer dat hy die uitslag slegs bekend sal maak nadat nog drie LUR’e geoudit is. ‘n DA-woordvoerder, Adriana Randall, sê daar is geen tasbare bewys dat die provinsiale regering leefstyloudits op die uitvoerende raad en Lesufi gedoen het nie: