Gauteng het geen ekstra kragopwekking-kapasiteit nie

Die DA in Gauteng sê daar is geen verligting in sig vir inwoners van die provinsie wat daagliks onder kragonderbrekings deurloop nie. Premier Panyaza Lesufi het erken die provinsiale regering kry in hierdie stadium nie genoeg krag om regstreeks aan inwoners of sake-ondernemings te voorsien nie. Die DA-woordvoerder, Dorianne Arendse, sê volgens Lesufi is daar tien groot damme in die provinsie, maar nie een is geskik vir die opwekking van hidro-elektrisiteit nie: