Gauteng bestee miljoene op korrupsie ondersoeke maar geen verslag is bekend nie

Die DA in Gauteng sê die provinsiale regering het 63,8 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee aan 54 ondersoeke na vermeende korrupsie, maar nie ‘n enkele verslag is bekendgemaak nie. Daar word egter daarop geroem die aanbevelings is ingestel of word ingestel. Die feite is onthul deur premier David Makhura in ‘n geskrewe antwoord op die DA se vrae in die wetgewer. Jack Bloom van die party sê volgens Makhura, het 23 forensiese en ouditmaatskappye die ondersoeke die afgelope vier jaar gedoen: