Gambië: 66 kinders sterf glo weens hoesstroop

Monsters van hoesstroop wat deur ‘n Indiese vervaardiger, Maiden Pharmaceuticals, vir uitvoer vervaardig is, word tans deur Indië getoets. Dit nadat die Wêreldgesondheids-organisasie aangedui het sy produkte word met die dood van kinders in Gambië verbind. Altesaam 66 kinders het tot dusver in Gambië gesterf. Die Indiese gesondheidsminister sê monsters van die produkte wat na Gambië uitgevoer is, word by ‘n federale laboratorium getoets. Maiden vervaardig jaarliks 2,2 miljoen bottels hoesstroop, 600 miljoen kapsules, 18 miljoen inspuitings, 300 000 salfbuisies en 1,2 miljard tablette. Die hoesstroop is slegs na Gambië uitgevoer.