SA Korrektiewe Dienste haal Zuma van sy stelsel af 

Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste het bevestig oudpresident Jacob Zuma is van die departement se stelsel afgehaal. Sy vonnis verstryk vandag. Die Konstitusionele Hof het Zuma in Junie verlede jaar 15 maande tronkstraf opgelê vir minagting van die hof. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê hy is die volgende maand in Estcourt se korrektiewe sentrum in KwaZulu-Natal opgeneem.