Gaan doedoes! Dis Wêreld-slaapdag!

Dit is vandag Wêreld-slaapdag en vanjaar se tema is, Slaap is noodsaaklik vir gesondheid. Die dag is daarop gemik om die las van slaapprobleme op die samelewing te verlig, deur slaapsteurnisse beter te voorkom en te bestuur. Die dag skep ook bewustheid oor die belangrikheid van genoeg slaap en kwessies wat met slaap verband hou, soos medisyne, opvoeding, maatskaplike aspekte én die bestuur van ‘n voertuig.