G7 moet werk maak van die pandemie – IMF

Die Internasionale Monetêre Fonds se besturende direkteur, Kristalina Georgieva, sê sy verwag dat die G7-beraad moet bydra om die Covid-pandemie te beëindig. Die beraad word van môre tot Sondag in die Verenigde Koninkryk gehou. Die groep van sewe bestaan uit die wêreld se grootste, gevorderde ekonomieë, naamlik die Verenigde Koninkryk, Amerika, Kanada, Japan, Duitsland, Frankryk en Italië. Georgieva sê die plan moet begin met die veronderstelling dat ‘n twee-baan-pandemie ‘n twee-baan-herstel vereis: