Fury bied geleentheid aan Joshua

Die swaargewigbokskampioen van die Wêreldboksraad, Tyson Fury, het aan Anthony Joshua die geleentheid gebied om voor die einde van die jaar om sy titel mee te ding. Fury is op soek na ‘n teenstander nadat Oleksandr Usyk van Oekraïne aangedui het dat hy nie volgende jaar na die kryt sal terugkeer nie. Usyk het Joshua verlede maand in Saoedi-Arabië geklop. Fury bied nou aan Joshua ‘n “Battle of Britain” met die Wêreldboksraad-titel as kroon: