FTX-diefstal: Bankman-Fried sê prokureurs is verkeerd

Die bankrot FTX kriptobeurs sê sowat 415 miljoen Amerikaanse dollar in kripto-geldeenhede is deur kuberkrakers gesteel. Die beurs sê hy het meer as 5 miljard Amerikaanse dollar in kripto-, kontant- en likiede sekuriteite verhaal, maar dat aansienlike tekorte by beide sy internasionale en Amerikaanse kriptobeurse voortduur. Hy sê kuberkrakers het die beurs geplunder sedert hy op 11 November om bankrotskap aansoek gedoen het. Die stigter van die beurs, Sam Bankman-Fried, wat ook verskeie klagtes in die gesig staar, betwis dit en sê die maatskappy se prokureurs se inligting is uiters misleidend.