Fry’s appelleer teen benoeming van plantaardige kosprodukte na interdik

‘n Maatskappy wat veganistiese produkte vervaardig, Fry Family Food Corporation, het self met ‘n appèlproses teen die Rooivleisbedryfsforum begin oor die gebruik van benamings vir plantaardige kosprodukte. Die Agentskap vir Voedselveiligheid het verlede jaar in kettingwinkels op veganistiese produkte beslag gelê wat soos vleisprodukte lyk. Die Hooggeregshof in Johannesburg het ‘n interdik aan die maatskappy toegestaan om die optrede te staak. Die woordvoerder van die maatskappy, Genevive Cutts, sê hulle sien daarna uit om met al die partye saam te werk om hul maatskappy meer aan internasionale riglyne te laat voldoen.