Frustrasie by Erongo-owerhede: net 23% geënt

Die goewerneur van die Erongo-streek Neville Andre het sy teleurstelling in onderwysers en jongmense wat nie wil inent nie, uitgespreek. Volgens hom het nog net 27 persent van die geteikende bevolking eerste Covid-inentings ontvang en 23 persent is ten volle ingeënt. Andre het inwoners gemaan dat ‘n vierde vlaag wel in Namibië ervaar sal word en dus is inenting uiters belangrik. Die streek het reeds mediese personeel aangestel, beide dokters en verpleërs, ter voorbereiding van die vierde vlaag maar, daar is uitdagings met genoeg personeel op Omaruru omdat dit nie ‘n gewilde dorp is om in te werk nie.