Freeth stuur boodskap aan Namibiërs
Die Zimbabwiese boer Ben Freeth het sy Ride for Justice voltooi met meer as 2 000 kilometer wat hy vanaf Zimbabwe te voet en te perd aangedurf het vir geregtigheid. Hy het Maandag sy memorandum oorhandig wat na die SAOG se sekretariaat gestuur sal word om die SADC-tribunaal terug te bring vir Zim-boere om of hulle grond terug te kry of vergoeding te ontvang. Hy het vanoggend ‘n boodskap aan die Namibiese publiek gestuur.