Freddy kan amok maak in die Oranje-gebied

Sikloon Freddy is op pad na Madagaskar en daar is verwagtinge vir kitsvloede en ander skade wat deur sterk winde veroorsaak kan word. Namibië se reënseisoen het nog nie vertoon soos hy moes nie en daar is kommer ook oor die stand van veral die sentrale en oostelike damme. Dit is nie bekend waarheen Freddy sal beweeg nie maar, daar kan vloede in die Benede Oranje-gebied voorkom, veral met die swaar reënval wat Suid-Afrika reeds beleef het en talle damme se sluise wat getrek is. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende weerkenner Johan van den Berg gesels.