Biden besoek Kiëf soos jaarherdenking van oorlog nader

Amerikaanse President Joe Biden het onaangekondig in Kiëf aangekom. Dit is amper ‘n jaar sedert die Russiese President Vladimir Putin die Oekraïne aangeval het en Biden sê dit was in sy mening belangrik dat die Amerikaanse president op hierdie tydstip die Oekraïne besoek.

Intussen sê Oekraïne se President Volodymyr Zelensky verskeie aspekte sal onder die loep kom tydens Biden se besoek.