Freddy en Agnes sal wag vir die hof

Regslui vir beide die sportminister Agnes Tjongarero en die hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie Freddy Mwiya het ooreengekom op ‘n interdik wat die minister verhoed om sy pos te adverteer tot ‘n hof beslis het oor of die minister die gesag het om die pos te beïnvloed. Dit kom na Tjongarero wou keer dat hy weer aangestel word. Mwiya het sê die hof sal Maandag oor die saak sit.