Fransman is Ferrari se nuwe baas

Motorsport: Die Ferrari Formule Een-span het bekend gemaak dat hy die Fransman, Frederic Vasseur, as sy nuwe spanhoof en hoofbestuurder aangestel het. Dit volg op die bedanking verlede maand van Mattia Binotto, nadat die Italiaanse span hierdie seisoen nie juis ʼn bedreiging vir Red Bull gebied het nie. Vasseur verlaat sy pos na vyf jaar as die besturende direkteur van Alfa Romeo/Sauber en word deur die baas van McLaren, Andreas Seidl vervang. Max Verstappen van Red Bull was weer vanjaar die wêreldkampioen en sy span het ook die vervaardigerskampioenskap gewen.