Franse President besoek China

Die Franse President Emmanuel Macron het in Beijing aangekom in die hoop om betrekkinge met China te vernuwe. Macron word vergesel van die president van die Europese Unie, Ursula von der Leyen. Macron se laaste besoek aan China was in 2019, terwyl dit Von der Leyen se eerste ampsbesoek aan Beijing is. China en Frankryk se ekonomiese betrekkinge word tans oorskadu deur kwessies soos handelsrisiko’s en die oorlog in Oekraïne. Macron en Amerikaanse President Joe Biden het voor Macron se aankoms in China, telefoniese samesprekings gehou. Albei was dit eens dat China versoek word om sy invloed te gebruik om die beëindiging van oorlog in Oekraïne te bespoedig.