Afrika bly arm ondank ryk hulpbronne

Die Namibiërs en inwoners van die vasteland vra deurentyd die vraag waarom Afrika arm is met al sy ryk hulpbronne. Dit is ‘n vraag wat niemand blykbaar antwoord nie. Hierdie vraag het vandag weer in die Nasionale Vergadering opgeduik, nadat Henny Seibeb van die Landless People’s Movement ‘n mosie ingedien het oor die misbruik van die Namibiese hulpbronne. Leier van die amptelike opposisie PDM, McHenry Venaani, stem saam en het gesê Afrika is arm omdat sy hulpbronne wanbestuur word.