Franse polisie skiet sinagoge-brandstigter dood
Die Franse polisie het ‘n gewapende man doodgeskiet wat ‘n sinagoge in Rouen aan die brand gesteek en die polisie met ‘n mes gedreig het. Die sinagoge het groot skade opgedoen, maar niemand anders is beseer nie, sê Rouen se burgemeester, Nicolas Mayer-Rossignol. Hy voeg by dat die dorp in Normandië in skok is. Hy sê die man het op een of ander manier die sinagoge opgeklim en ‘n soort petrolbom in die hoofbidkamer gegooi. Frankryk, soos baie lande in Europa, het ‘n groot styging in antisemitiese dade gesien sedert Hamas se aanval op Israel en Israeliese militêre reaksie in Gaza.