Franse Ope sal hoofsaaklik oor Rafa se uittrede gaan

Tennis: Die Franse Ope, wat vandag in Parys begin, sal waarskynlik meer konsentreer op Rafael Nadal se uittrede as op die uiteindelike wenners. Die 14-malige kampioen gaan waarskynlik nie ver kom nie, want hy speel sy eerste wedstryd teen die wêreld nommer vier, Alexander Zverev van Duitsland. Die Spanjaard is amper 38 en ‘n rits beserings het hom uiteindelik ingehaal. Hy het onlangs gesê die Franse Ope is die belangrikste toernooi van sy loopbaan, waarin hy 22 Grand Slam-titels ingepalm het.