Franse ambassade sluit eers in Niger

Frankryk het tydelik sy ambassade in Niger gesluit, maar beplan om geldelike steun voort te sit vir nie-regeringsorganisasies in Wes-Afrika. Die besluit volg ‘n week na die onttrekking van die laaste 1 500 Franse soldate, na die eis deur Niger se militêre regering vir die verwydering van Frankryk se soldate en politieke teenwoordigheid. Frankryk sê konsulêre sake sal hanteer word deur sy ander ambassades in die streek.