Frankryk verskerp Covid-riglyne vir reisigers

Frankryk het Covid-19-riglyne vir reisigers verskerp om te probeer keer dat die Indiese variant in die land versprei. Net landsburgers en dié van lande van die Europese Unie word toegelaat. Hulle moet vooraf negatief toets en vir sewe dae ná aankoms isoleer.