Frankryk stuur Rwandese dokter tronk toe vir volksmoord

‘n Franse hof het ‘n voormalige dokter in Rwanda 24-jaar-tronkstraf opgelê vir sy betrokkenheid by die volksmoord in 1994 in die land in Oos-Afrika. Sosthene Munyemana is skuldig bevind op misdade wat insluit volksmoord en misdade teen die mensdom. Die ginekoloog is beskuldig dat hy marteling en moorde organiseer het tydens die volksmoord, waarin 800-duisend mense tussen April en Junie 1994 gesterf het. Munyemana het in dieselfde jaar na Frankryk uitgewyk. Dit het Franse aanklaers 28 jaar geneem om die saak by die hof in te dien.