Frankryk se Willemse vir 4 weke geskors

Frankryk se slot, Paul Willemse, is vir vier weke geskors ná sy rooikaart teen Ierland in Vrydag se Sesnasies-wedstryd. Hy het in die agste minuut ʼn geelkaart gekry vir ʼn hoogvat op Andrew Porter. Dis gevolg deur ʼn tweede geelkaart na nog ʼn hoogvat, die keer op Caelan Doris. Dit is egter na ʼn rooikaart verander nadat ʼn paneel die 31-jarige speler skuldig bevind het aan twee gevalle van vuilspel. Die skorsing beteken Willemse gaan die wedstryde teen Skotland en Italië misloop.