Frankryk geloof vir entstof-skenking

President Cyril Ramaphosa sê Frankryk se skenking van tien miljoen dosisse van Covid-19-inentings aan Afrika oor die volgende drie maande is ‘n toonbeeld van solidariteit tussen mense en politieke samewerking. Die AstraZeneca- en Pfizer-inentings sal deur die Afrika-unie se Inentingsaankooptrust en Covax versprei word. Net twee-persent van die vasteland se bevolking van 1,2 miljard mense is ten volle ingeënt. Ramaphosa sê ‘n veiliger en gesonder Afrika is ‘n voorvereiste vir ‘n veiliger en gesonder wêreld.