Frankryk eis onmiddellike skietstilstand in Gaza

Frankryk vra ʼn onmiddellike en volhoubare skietstilstand in die oorlog tussen Israel en Hamas en sê hy is diep bekommerd oor die situasie in Gaza. Die Franse minister van Buitelandse Sake, Catherine Colonna, was Sondag in Tel Aviv om met haar Israelse ampsgenoot, Eli Cohen te vergader. Sy het in ʼn vroeëre verklaring gesê die skietstilstand moet lei tot ʼn blywende skietstilstand sodat alle gyselaars vrygelaat en hulp aan Gaza gelewer kan word. Cohen sê ʼn skietstilstand sal ʼn fout wees en beskryf dit as ʼn geskenk aan Hamas.