ANC moet aandag gee aan ongeplaaste kinders, oorvol skole

‘n Onderwys-aktivis in Suid-Afrika Hendrick Makaneta doen ‘n beroep op die ANC-regering om ‘n manier te vind om moontlike protesoptrede te vermy weens ongeplaaste leerders wie se ouers in Januarie ontevrede gaan wees. Die owerhede moet dus meer pro-aktief optree deur seker te maak waar skole vol is, dringend mobiele klaskamers aan te skaf. Makaneta doen ‘n beroep op ouers wat nie betyds aansoek gedoen het nie, om van die jongste geleentheid gebruik te maak en hulle laataansoeke vir graad een en graad agt in Gauteng in te dien: