Frank Fredericks skenk N$1,2 miljoen vir ontwikkeling van Okahao-sportstadion

Die Namibiese veteraan- Olimpiese atleet Frank Fredericks het 1,2 miljoen Namibiese dollar aan die Okahao-dorpsraad gegee vir die ontwikkeling van die Okahao-sportstadion. Hy sê sport het sy lewe verander en sy droom is om sportgronde te ontwikkel vir jong mans en vroue wat na aan hulle is binne hul gemeenskappe. Hy glo dat die beskikbaarheid van sportfasiliteite aan jongmense toekomstige leiers in staat sal stel om hul talente deur sport te verwesenlik. Fredericks se stigting het ook beurse van 100 00 dollar aan leerders in Okahao gegee. Hy sê hy wil terugploeg in die gemeenskap van Okahao om die dorp te bedank ná hulle ‘n straat na hom vernoem het. Fredericks is hoopvol dat Okahao eendag Olimpiese medaljewenners sal oplewer.