Francois Burger bied praatjie oor geitjies se geluide aan

Francois Burger gaan vanaand ‘n praatjie by die Wetenskaplike Vereniging van Namibië hou oor die verrassende diversiteit van geitjies se geluide. Drie spesies word tans herken, elk met ‘n ander roep. Maar onlangse navorsing toon daar is verdere verskille in hul geluide en genetika. Dit het verskeie nuwe, onbeskrewe spesies aan die lig gebring, wat elkeen op ‘n ander geomorfologiese landskap spesialiseer. Dit is ‘n interessante studie wat die natuur-geskiedenis, vokalisering en genetika dek. Die praatjie vind sewe-uur vanaand in die hoofstad plaas.