Francois Brand is waarnemende uitvoerende direkteur van Namibiese finansministerie

Francois Brand is as die waarnemende uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van finansies in die plek van Erica Shafuda aangestel. Shafuka verlaat die ministerie na elf jaar en tree uit die staatsdiens. Brand is tans die hoof van die verkrygingsbeleidseenheid in die finansiesministerie en is al vir nege jaar in diens by die ministerie. Die hoofskakelbeampte van die ministerie, Tonateni Shidhudhu, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Hy het ook gesê dat die ministerie Shafuda sterkte met haar nuwe loopbaan toewens.