Four Paws vra einde aan teel van leeus in aanhouding 

Die dierewelsynsbeweging Four Paws doen ‘n beroep op die departement van bosbou, visserye en die omgewing om pro-aktief op te tree met maatreëls om ‘n einde te maak aan die bedryf wat leeus in aanhouding teel en nie langer die doeltreffende inwerkingstelling van planne uit te rek nie. Die woordvoerder, Elize Parker, sê lede van die parlement se omgewings-portefeuljekomitee het hierdie week hul teleurstelling uitgespreek oor die departement se vertraging van die instelling van die onderneming om die bedryf stop te sit.